Sunday, December 26, 2010

My ouma en oupa

I've realised that i haven't posted a blog in afrikaans yet :O i think i should attempt it.

Vandag was baie, baie lekker. Ek het saam met my sussie na my "ouma" en "oupa" se huis toe gegaan. Ons het daar net 'n bietjie geeet (eintlik het ons baie geeet D: ek voel so sleg! ek wil tog minder eet as wat ek nou eet. ek wil nie 'n vettie wees nie!) en ons het almal rond gesit en gesing. Dit is een ding waarvan ek baie hou waneer ek na my ouma en oupa se huis toe gaan: ons speel baie musiek op die klavier en ons sing vrek baie :P Dis wonderlik! Ek het altyd gewens dat ek deel van 'n familie was wat baie gesing het en musiekinstrumente gespeel het. Maar dit was nog nooit die geval nie. maar dis ok. dis hoekom ek 'n ouma en oupa het. Hulle is daarem baie pret!


No comments:

Post a Comment